)

Hoërskool Cradock netbal vs. Hoërskool Aliwal-Noord

Hoërskool Cradock se sportspanne het die afgelope naweek op hul tuisveld teen die spanne van Hoërskool Aliwal-Noord te staan gekom.

Die dag se program het afgekop met twee puik netbalwedstryde, wat onderskeidelik deur die o/14A- en o/16B-spanne gespeel is. Die o/16B’s het gerieflik met 19-9 gewen terwyl die o/14A-span ‘n weghol-oorwinning van 26-2 behaal het. Die o/16A-span speel die tipe netbal waaraan toeskouers gewoond is en wen hul wedstryd met ‘n pragtige 23 doele teenoor 9. Aldrie hierdie spanne is nog onoorwonne vanjaar.

Die o/19B-span het met 14-18 verloor, maar tog goed teruggeveg na ‘n aanvanklike groot agterstand. CHS het die hoofwedstryd met 26-25 gewen. Dié wedstryd tussen die eerstespanne het baie gelykop verloop met CHS wat na die eerste kwart met twee doele voorgeloop het. Teen rustyd was CHS se voorsprong 14-13. Ongelukkig was Chamrine Booysen ongesteld en moes sy die baan verlaat. Dit het ‘n paar posisionele skuiwe genoodsaak wat goed deur die opponente uitgebuit is. Na die derde kwart het Aliwal met 22-20 voorgeloop. CHS kom egter baie goed terug in die laaste kwart om die wedstryd te wen.

Op die foto bo: Chamrine Booysen, netbalspeler vir CHS se eerstespan, verdedig die doelpaal in Saterdag se die kragmeting teen Aliwal-Noord Hoërskool.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal