)

Hoërskool Cradock rugby kry nuwe borgskap

Toeskouers wat onlangs ‘n CHS rugbywedstryd bygewoon het sou opmerk dat die eerste rugbyspan van Hoërskool Cradock hierdie seisoen in pragtige nuwe wedstrydtruie op die veld uitdraf. Die span het ook nuwe opwarmingshempde, spansakke en spanbaadjies ontvang wat met trots gedra word na elke sportgeleentheid. Niks hiervan sou egter moontlik gewees het sonder die ondersteuning van ondernemings in die gemeenskap nie.

Fatty’s Mechanical Repairs, Ilgi Implemente en Kubota het vanjaar hul gewig agter die Kwaggas ingegooi om CHS se eerste rugbyspan uit te rus met pragtige nuwe uniforms en spandrag. Die Kwaggas is besonders trots nie nét op hierdie nuwe klerasie nie, maar veral op die verbintenis met hierdie ondernemings en bedank hulle hartlik vir hul ondersteuning. Dit is wonderlik om hande te kan vat met ondernemings en individue wat dieselfde doelwitte vir ons skool en leerders het. CHS sien uit na ‘n lang en voorspoedige verbintenis met hierdie ondernemings.

Op die bo is die eerste rugbyspan van CHS te sien saam met die een van hul borge, mnr. Fatty Colorossi (heel agter links) asook een van hul afrigters, mnr. JR Foreman (heel agter, regs).

Op die foto onder:
Die kaptein van Hoërskool Cradock se eerste rugbyspan, Siya Caku-Caku, lei sy span op die veld in die pragtige nuwe wedstrydtruie wat deur Fatty’s Mechanical Repairs, Ilgi Imlpemente en Kubota geborg is.

CHS Eersterugbyspan

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal