)

Hoërskool Cradock Rugby klop Kirkwood

Hoërskool Cradock het die naweek van 10 Maart 2018 aan die Gill Sportfees te Somerset-Oos deelgeneem. ‘n Baie kompiterende Hoërskool Kirkwood is ingedeel om teen CHS te speel. Die Kwaggas se harde werk in die voorseisoen is egter beloon toe CHS die kragmeting oortuigend wen met 22 teenoor 7.  Die manne van Cradock speel goeie rugby en vermaak die skare behoorlik.  Hulle gee ook ‘n mooi voorsmakie van wat te wagte kan wees in die komende seisoen.

Drieë is gedruk deur Siphe Nofukuka, Rivaldo Rafferty en Delaré Schoeman met twee pragtige doelskoppe wat deur Lance Swarts oorgeskop is.  Siya Caku-Caku sit ook ‘n strafskop oor en help die Kwaggas om die wen te beklink.

CHS se volgende wedstryde vind plaas op 23 en 24 Maart 2018 tydens die Despatch Sportfees.

Op die foto:

Hoërskool Cradock se eerste rugbyspan na hul puik oorwinning oor Hoërskool Kirkwood die afgelope naweek.  Hierdie kompiterende span het in hul eerste wedstryd van die seisoen met 22 punte teenoor 7 afgereken met die manne van Kirkwood.  Saam met hulle is die afrigters, Mnr. JR Foreman (agter links) en Mnr. Lowie Steenkamp (agter regs).

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal