Hoërskool Cradock het die naweek van 10 Maart 2018 aan die Gill Sportfees te Somerset-Oos deelgeneem. ‘n Baie kompiterende Hoërskool Kirkwood is ingedeel om teen CHS te speel. Die Kwaggas se harde werk in die voorseisoen is egter beloon toe CHS die kragmeting oortuigend wen met 22 teenoor 7. Die manne van Cradock speel goeie rugby en vermaak die skare behoorlik. Hulle gee ook ‘n mooi voorsmakie van wat te wagte kan wees in die komende seisoen.
Drieë is gedruk deur Siphe Nofukuka, Rivaldo Rafferty en Delaré Schoeman met twee pragtige doelskoppe wat deur Lance Swarts oorgeskop is. Siya Caku-Caku sit ook ‘n strafskop oor en help die Kwaggas om die wen te beklink.
CHS se volgende wedstryde vind plaas op 23 en 24 Maart 2018 tydens die Despatch Sportfees.
Op die foto:
Hoërskool Cradock se eerste rugbyspan na hul puik oorwinning oor Hoërskool Kirkwood die afgelope naweek. Hierdie kompiterende span het in hul eerste wedstryd van die seisoen met 22 punte teenoor 7 afgereken met die manne van Kirkwood. Saam met hulle is die afrigters, Mnr. JR Foreman (agter links) en Mnr. Lowie Steenkamp (agter regs).