HoĆ«rskool Cradock se o.19A-netbalspan het op 10 Maart 2018 aan Gill Kollege se Netbalfees te Somerset-Oos deelgeneem.Ā CHS het goed gevaar en het 3 uit 4 verkorte wedstryde gewen.Ā Oorwinnings is teen Aeroville (17 – 3), Gill o.16A (21 – 1 ), Michausdal SS (17 – 3) behaal.Ā Ongelukkig het CHS in ān naelbyt wedstryd met 11 – 9 teen Kirkwood verloor.
CHS is verteenwoordig deur Ilana Steenkamp (kaptein), Houghlynne Swarts, Sigcobile Nkosana, Chamrine Booysen, Andrea Felix, Lenay Booysen, Simamkele Shweleni, Marileigh Stuurman en Anika Hay.
CHS neem ook op 23 en 24 Maart 2018 aan die Despatch Sportfees deel.