Die lede van Hoërskool Cradock se Landsdiens het verlede week besoek afgelê by die DBV in Cradock.Hierdie leerders het skenkings van kos ingesamel en met hul besoek dit aan die bestuur oorhandig.
Die personeel van die DBV se liefde vir diere is duidelik sigbaar in die toestand van die hokke asook die diere. Daar word tans ook ekstra hokke aangebou om te verseker dat die honde en katte genoeg spasie het om te beweeg.
Die leerders van CHS het die middag spandeer deur met die diere te speel en gehelp om die hokke en terrein mooi op te knap.
Op die foto:
Landsdiensleerders van CHS met hul besoek aan die DBV verlede week. Die leerders het hul tyd geskenk om te help met ‘n paar opknaptakies te verrig en ook bietjie met die diere  te speel.