Op Woensdag 8 Maart 2018, het Erries se seunshokkie vertrek na Newcastle om daar hul seisoen af te skop teen Hoërskool Ferrum.
Die o/16A-span wen met ‘n telling van 2-1 met Christiaan Arnoldi en Rohan Holtzhausen wat die doele aangeteken het.
Die eerstespan verloor ongelukkig 0-2.
Die Erries is trots op al die seuns en wens vir hulle alle voorspooed toe vir die seisoen wat voorlê!
Op die foto heel bo: Daniel van der Merwe
Foto onder: Vandré Swart