)

Hoërskool Cradock o/15 krieket klop Michausdal

Op Donderdag 1 Februarie 2018, het die o/15 krieket-spanne van Hoërskool Cradock en Michausdal kragte gemeet te Cradock.

CHS kolf eerste en teken 126/4 aan in hul toegelate 25 boulbeurte.  CHS se beste kolwers was Musa Green, met 18 lopies, Denzel Meyers, ook met 18 lopies en Patrick Lord kolf baie goed en teken ‘n onoorwonne 37 lopies aan.

CHS se boulers bould ook uitsteken en boul Michausdal uit vir slegs 69 lopies en wen dus die wedstryd met 57 lopies.  Patrick Lord neem 2 paaltjies in drie boulbeurte en staan slegs 6 lopies af, Musa Green help om 3 paaltjies te laat kantel in 3 boulbeurte en staan slegs 8 lopies af.  Beide hierdie boulers is goed bygestaan deur Denzl Meyers, Sibo Poyo en Nthando Jacobs.  Baie geluk aan hierdie jong span met jul puik vertoning op die veld, julle maak ons trots.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal