Op Donderdag 1 Februarie 2018, het die o/15 krieket-spanne van Hoërskool Cradock en Michausdal kragte gemeet te Cradock.
CHS kolf eerste en teken 126/4 aan in hul toegelate 25 boulbeurte. CHS se beste kolwers was Musa Green, met 18 lopies, Denzel Meyers, ook met 18 lopies en Patrick Lord kolf baie goed en teken ‘n onoorwonne 37 lopies aan.
CHS se boulers bould ook uitsteken en boul Michausdal uit vir slegs 69 lopies en wen dus die wedstryd met 57 lopies. Patrick Lord neem 2 paaltjies in drie boulbeurte en staan slegs 6 lopies af, Musa Green help om 3 paaltjies te laat kantel in 3 boulbeurte en staan slegs 8 lopies af. Beide hierdie boulers is goed bygestaan deur Denzl Meyers, Sibo Poyo en Nthando Jacobs. Baie geluk aan hierdie jong span met jul puik vertoning op die veld, julle maak ons trots.