Dynamic Hardeware het in 2016 die ‘I am a Dynamic Supporter’ projek by hul winkels in Cradock geloots. Vir alle aankope deur oud-skoliere, die publiek sowel as die skool self ontvang CHS 3% van die totale bedrag terug in kontant.
Vir die tydperk van Augustus 2016 tot Junie 2017 ontvang Hoërskool Cradock ‘n pragtige bedrag van R16 532 van Dynamic DIY.
Die skool bedank graag die span van Dynamic DIY vir hierdie wonderlike inisiatief. Dankie ook aan elke ouer, oud-skolier en ondersteuner wat op hierdie manier ‘n stewige bydrae tot die skool maak.
Op die foto bo:
Tony Del Guidice van Dynamic DIY oorhandig ‘n tjek aan Mnr. Adolf Gouws, skoolhoof van CHS.