Vyf netbalspanne van CHS het Saterdag, 5 Mei 2018 , op hul tuisbaan teen Tarkastad kragte gemeet. CHS was in aldie wedstryde heeltemal te sterk vir hul teenstanders.
Die hoofwedstryd tussen die o/19A-spanne is in ideale weersomstandighede gespeel. Die wedstryd is verkort na twee helftes van 15 minute elk. Tarkastad het nie ‘n antwoord gehad vir CHS se uitstekende aanvallende spel nie. CHS het teen rustyd met 20 – 2 voorgeloop en uiteindelik die wedstryd oortuigend met 34 – 7 gewen.
Die o/19B’s het met 27 – 5 gewen en die o/16A-span het ‘n wegholoorwinning van 39 – 5 behaal. Die o/16B-span wen op hul beurt baie gerieflik met 28 – 5 teen Tarkastad se o/15’s terwyl die o/14A-span 33 – 20 met hul teenstaanders afgereken het.