Hoërskool Cradock se o/15-rugbyspan het Donderdag 26 April 2018 aan Queens College se rugbytoernooi deelgeneem. Wedstryd-bepalings was teen Catchcart Hoërskool asook die gasheerskool Queens College se O/15B-spanne.
Teen Cathcart vaar CHS baie goed en wen 17 – 12. Showan Mayeki (buitesenter) druk twee goeie drieë terwl Sherwin October (agtsteman) ook ‘n geleentheid gebruik om ‘n derde drie te druk. Lehmann Williams (losskakel) verdoel een drie.
Die Kwaggas speel ‘n tweede wedstryd teen Queens College se o.15B-span en verloor die wedstryd 17 – 3. Hoewel die manne gesukkel het om deur Queens se verdediging te breek moet melding gemaak word van die puik strafskop wat deur Roman Smith (skrumskakel) behaal is.
Na afloop van die dag se wedstryde kon die leerders ook ‘n afrigtingsessie deur Khaya Majola bywoon en ‘n bietjie opskerp op basiese tegniek en spelpatrone. Hierdie groep het die dag baie geniet en het verseker baie geleer. Dankie aan Queens College vir ‘n goed georganiseerde toernooi.
Become a Sponsor









