)

Hoërskool Cradock netbal klop De Aar

CHS het op Saterdag, 12 Mei 2018 na De Aar gereis vir ‘n netbal-wedstryd.  

In die hoofwedstryd van die dag, het CHS se eerstespan ‘n baie goeie oorwinning van 25 – 15 behaal. Die wedstryd het aanvanklik gelykop verloop, maar CHS het ‘n voorsprong van 6 – 3 na die eerste kwart gehad.  Teen rustyd was die telling 11 – 7 in CHS se guns. CHS het geleidelik hul voorsprong vergroot en het met 19 – 11 na die derde kwart gelei .  Op die ou end was CHS net te sterk vir De Aar en behaal ‘n welverdiende sege.

Hoërskool Cradock se o/19B’s het met 19 elk gelykop geëindig. CHS se o/16A’s het gerieflik met 22 – 11 en die o/16B-span ver met 21 – 4 gewen. Die o/14A’s het ‘n mooi oorwinning van 17 – 8 behaal. Die o/14B-span het ook met ‘n oorwinning van13 – 10 gespog.  Die o/19C-span het met 5 – 17 verloor.

Hoërskool Cradock se netbal spanne het die naweek goeie wedstryde teen De Aar gespeel.  CHS verloor slegs een uit die sewe wedstryd wat gespeel is op die dag.
Hier is CHS se eerste netbalspan na hul puik oorwinning teenoor De Aar.

Op die foto bo:
Voor:  Ilana Steenkamp, Houghlynne Swarts

Agter:  Lenay Booysen, Sima Shweleni, Chamrine Booysen, Andrea Felix, Tamsyne Lottering, mev. Ilse Opperman (afrigter), Marileigh Stuurman,   Sigcobile Nkosana, Anika Hay

CHS se o/14A-span het ‘n pragtige wedstryd gespeel en De Aar met 17 punte teenoor 8 gewen.

CHS Netbal vs De Aar o.14A-span

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal