Ilana Steenkamp (op die foto bo:), netbalspeler van Hoƫrskool Cradock, is onlangs ingesluit in die o/18-Griekwaspan. Ilana is bekend vir haar vinnige en effektiewe spel en doen reeds die afgelope vier jaar diens as hulpdoel vir CHS se eerste netbalspan.
Die Griekwaspan neem vanaf 27 Junie tot 6 Julie 2018 deel aan die nasionale Bokkie-toernooi in Naboomspruit. CHS wens Ilana hartlik geluk met haar insluiting in hierdie span en ook sterkte toe vir die voorbereiding en toernooi.