Op Saterdag 12 Mei 2018 het die dogters-hokkiespanne van Hoƫrskool Cradock kragte gemeet teen diƩ van Hoƫrskool De Aar.
Met koue en mistige weer wat oor die velde van De Aar hang sukkel beide spanne om aan die gang te kom. Dit is egter nadat die eerste doel aangeteken is dat daar geen keer meer was aan CHS se eerste hokkiespan.Ā Goeie kommunikasie tussen die spelers asook effektiewe uitvoering van spelpatrone is die sleutel agter hierdie span se sukses. Hulle het elke kans benut in die eerste wedstryd van die dag en wen HoĆ«rskool Martin Oosthuizen (Kakamas) 7-1.
In hul tweede wedstryd kom die Kwaggas te staan die die span van HoĆ«rskool De Aar. In hierdie wedstryd is die dogters meer gelyk gemeet met hul opponente, maar wys nietemin waarom hulle reeds ān fantastiese uitslagkaart het. Hierdie talentvolle groep spelers het slegs drie van hul laaste vyftien wedstryde verloor, twee gelykop gespeel en ān pragtige tien wedstryde goed gewen. Dit is weereens te danke aan spanwerk en vinnige bewegings dat CHS ook hierdie wedstryd teen De Aar 3-0 wen.
Die tweede hokkiespan van CHS trek egter swaarder op die dag. ān Jonger, onervare span toon goeie deursettingsvermoĆ« en karakter in beide hul wedstryde teen HoĆ«rskool Martin Oosthuizen sowel as HoĆ«rskool De Aar, waarvan albei in die guns van hul opponente beslis word. Die potensiaal van hierdie groep hokkiespelers moet egter nie onderskat word nie. Melding moet gemaak word van hierdie span se goeie vordering oor die afgelope paar weke en te danke aan die ervaring wat ook hierdie naweek opgedoen is, is beide die spelers en afrigters vol vertroue dat hierdie span binnekort nog ān wen sal beklink.
Op die foto bo:
Die eerste hokkiespan van CHS vier hul oorwinning teen HoĆ«rskool De Aar na afloop van die naweek se wedstryd.Ā Die Kwaggas toon goeie spanwerk en wen beide hul wedstryde goed.