)

CHS hokkie lewer goeie uitslae teen De Aar

Op Saterdag 12 Mei 2018 het die dogters-hokkiespanne van Hoërskool Cradock kragte gemeet teen dié van Hoërskool De Aar.

Met koue en mistige weer wat oor die velde van De Aar hang sukkel beide spanne om aan die gang te kom. Dit is egter nadat die eerste doel aangeteken is dat daar geen keer meer was aan CHS se eerste hokkiespan.  Goeie kommunikasie tussen die spelers asook effektiewe uitvoering van spelpatrone is die sleutel agter hierdie span se sukses. Hulle het elke kans benut in die eerste wedstryd van die dag en wen Hoërskool Martin Oosthuizen (Kakamas) 7-1.

In hul tweede wedstryd kom die Kwaggas te staan die die span van Hoërskool De Aar. In hierdie wedstryd is die dogters meer gelyk gemeet met hul opponente, maar wys nietemin waarom hulle reeds ‘n fantastiese uitslagkaart het. Hierdie talentvolle groep spelers het slegs drie van hul laaste vyftien wedstryde verloor, twee gelykop gespeel en ‘n pragtige tien wedstryde goed gewen. Dit is weereens te danke aan spanwerk en vinnige bewegings dat CHS ook hierdie wedstryd teen De Aar 3-0 wen.

Die tweede hokkiespan van CHS trek egter swaarder op die dag. ‘n Jonger, onervare span toon goeie deursettingsvermoë en karakter in beide hul wedstryde teen Hoërskool Martin Oosthuizen sowel as Hoërskool De Aar, waarvan albei in die guns van hul opponente beslis word. Die potensiaal van hierdie groep hokkiespelers moet egter nie onderskat word nie. Melding moet gemaak word van hierdie span se goeie vordering oor die afgelope paar weke en te danke aan die ervaring wat ook hierdie naweek opgedoen is, is beide die spelers en afrigters vol vertroue dat hierdie span binnekort nog ‘n wen sal beklink.

Op die foto bo:

Die eerste hokkiespan van CHS vier hul oorwinning teen Hoërskool De Aar na afloop van die naweek se wedstryd.  Die Kwaggas toon goeie spanwerk en wen beide hul wedstryde goed.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal