Nico Smit (14), ‘n leerder van HJS Paarl, het deurgedring na die finale ronde van die Nasionale Toneelkompetisie vir Hoërskoolleerders, wat tussen 3 en 5 Mei 2018 in die Kunstekaap gehou is.
Die kompetisie word elke jaar deur Hoërskool Bellville aangebied en geborg deur kykNet.
Nico is ook genader vir ’n RSG radio-oudisie by die SAUK in Seepunt, wat hy baie interessant gevind het.
“Nico is besonders talentvol, hy gee alles en julle kan hom maar dophou,” sê sy dramaonderwyseres, Wiwe Ras-Pretorius.