)

Hoërskool Cradock koester die kunste

CJ Langenhoven het eenmaal gesê: “Om te lewe is ‘n kuns”.  By Hoërskool Cradock is hierdie woorde sigbaar in ons leerders se alledaagse take.  Die personeel en leerders van hierdie pragtige Karoo-skool streef elke dag daarna om die balans te handhaaf tussen die akademiese-, sportiewe- asook die kulturele aktiwiteite waarmee die leerders daagliks besig is.

Die Skeppende Kunste klas bied aan leerders die geleentheid om uiting te gee aan hul kreatiewe denke. Sommige leerders maak hier vir die eerste keer kennis met hul kunstige sy.  Die graad 8-leerders van CHS het die afgelope tydperk hul handewerk op papier uitgebeeld en elk hul eie interpretasie van hande geteken.  Die resultaat is asemrowend – ‘n tapiserie van potloodsketse.
Dit is egter nie nét huidige leerders van CHS wat pragtige kunswerke oplewer nie.
Salene Bekker, matrikulant van 2017, het onlangs haar eie kunswerk opgelewer wat maklik deur Jan Alleman verwar kan word met die ware Jakob.  Salene, ‘n student aan die Universiteit van Stellenbosch, het as deel van die Drama Departement se tegniese kurrikulum ‘n pragtige Trechikov opgelewer.

Dit is wonderlik om te sien hoe Kwaggas hulself en hul vaardighede by CHS ontwikkel en leer om ‘n liefde vir die kunste te koester.

Op die foto bo: Salene Bekker, oud-skolier van CHS, het onlangs haar mede-studente bederf met ‘n pragtige Trechikov skildery.  Hierdie skildery is voltooi as deel van haar opleiding by die Universiteit van Stellenbosch se Drama Departement.

Op die foto onder:

‘n Tapiserie van potloodsketse wat deur graad 8-leerders van Hoërskool Cradock voltooi is.

Gr.8 handsketse

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal