)

Cradock Hoërskool Gholfdag

Op Saterdag 09 Junie 2018, het die Cradock Gholfbaan gewemel van spelers wat deelneem aan die jaarlikse CHS Gholfdag.  Hierdie borgdag is in 2018 weer goed ondersteun deur die gemeenskap van Cradock en ‘n allemuntige 48 spelers het op die dag hul tegniek en soms ook hul geduld getoets op die gholfbaan.

Hoewel die wind reeds vroegoggend gedreig het om die spel te bederf, het dit nie die spelers  afgeskrik nie en hulle het tot sterk skemer hul laaste houe geslaan.  Oudergewoonte was die baan in ‘n pragtige toestand en die ontvangs van die Cradock gholklub warm genoeg om selfs die koudste winterweer hok te slaan.

Die kompetisie was taai, met baie van die wenners wat deur middel van ‘n uittel bepaal is –  ‘n aanduiding van die vaardighede en goeie sportmanskap van die deelnemers.  M de Klerk het die dag gewen met ‘n puik 41 punte, J Swanepoel het tweede geëindig (38 punte) en M Hildebrandt derde (38 punte).  Daar was ook ‘n gelukstrekking vir die deelnemers waarin hulle die kans gestaan het om ‘n Panasonic tablet te wen.  C van Vuuren was die gelukkige wenner van hierdie trekking.

Hoërskool Cradock bedank die bestuur van die Cradock Gholfklub vir hul ondersteuning met die aanbieding van hierdie dag.  Dankie ook vir die puik voorbereiding van die baan.  ‘n Groot woord van dank gaan ook aan elke borg wat die dag finansieël en/of met pryse ondersteun het, asook elke speler wat die koue trotseer het om hul ondersteuning te toon.  Op 09 Junie 2012 was CHS bevoorreg genoeg om Gary Player as deel van hierdie borgdag te onthaal.  Ses jaar later en die positiewe ingesteldheid van die gemeenskap, sowel as die ondersteuning is steeds onmiskenbaar.  Dankie Cradock, CHS waardeer jul ondersteuning opreg!

Op die foto bo:

Die wenners van Hoërskool Cradock se jaarlikse gholfdag is van links na regs:
M. Hildebrandt, derde (38 punte), J. Swanepoel, tweede (38 punte), M. de Klerk, eerste (41 punte) saam met mnr. A. Gouws, skoolhoof van CHS.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal