)

 Hoërskool Nelspruit pak Barberton se Geotrail aan

Hoërskool Nelspruit se Natgeorisme Klub het Saterdag 12 Mei 2018 die roete deur Barberton se Geotrail aangepak. Die leerders is deur me. Alma Snyman, me. Sue Ballot en ‘n geoloog, mnr. Chris Rippon vergesel. Mnr. Rippon werk vir die afgelope 23 jaar by die Sheba-myn in Barberton.

Hierdie Geotrail is deel van UNESCO  se voorlopige Wêrelderfenisprogram. Die Greenstone-band strek oor ongeveer 34km van die omliggende Makhonjwa-berge en beeld die geologiese geskiedenis van die omgewing uit. Geoloë beskou die bergreeks en gebied as ‘n ryke vonds van fossielrotsmonsters wat die aarde se ontstaan verduidelik.

Hierdie uitstappie was ‘n wonderlike geleentheid om die verband tussen geologie en biologie te ervaar. Langs die pad het leerders die geleentheid gehad om unieke rotsformasies, klippe en plantegroei van nader te bestudeer, asook om die asemrowende omgewing te besigtig. In die woorde van die klub se lede sal “die inligting oor eeue oue rotsformasies vir eeue by ons bly”. Die Geotrail is ‘n definitiewe aanbeveling vir enigiemand met ‘n lus vir avontuur, interessante feite of selfs net die liefde vir ‘n mooi uitsig.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal