Die Cradock Sportkompleks het die afgelope Saterdag gewemel van atlete wat van regoor die Chris Hani Distrik na Cradock gereis het om deel te neem aan die jaarlikse Chris Hani Mega Distrikte Atletiekbyeenkoms. Hoërskool Cradock het die voorreg gehad om hierdie jaar as gasheer op te tree en die atlete van Comfimvaba, Cradock, Lady Frere, Ncgobo sowel as Queenstown te ontvang.
Hoërskool Cradock het ‘n sterk span van 28 atlete gehad wat as deel van die Cradock distrikspan deelgeneem het. Hierdie atlete presteer goed en verower altesaam 22 medaljes (11 goud, 6 silwer en 5 brons). Die dogters wat elk ‘n goue medalje verower het, is:
Zaanri Hay D. O/15 Gewigstoot (9.59m), Caroline Salters D. O/15 Diskus (, 21.03m), Beaulane van Jaarsveld D. O/17 Gewigstoot (11.30m), Rosay Hendricks D. O/17 100mH (17.71s) en Elanie de Wet
D. O/17 800m (2:33.35s). Die seuns presteer ook goed met Showan Mayeki S. O/14 200m (24.60s) en Cherwin Butler M.O/19 Hoogspring (1,80m) wat elkeen beloon word met ‘n goue medalje vir hul puik vertonings.
Sanbisiwe Nkope D.O/14 Hoogspring (1.45m), Sisanda Zenzile D. O/17 Hoogspring (1.35m) spring albei ‘n silwer medalje los terwyl Zanelle Weitz twee silwer medaljes ontvang vir V.O/19 Diskus (25.42m) sowel as Spiesgooi (24.47m).
J.Burton S.O/17 Gewigstoot (10.84m) en Stefan Kumm S.O/17 110mH (18.02s) ontvang elk ‘n brons medalje met Leandré Groenewald D. O/15 Hoogspring (1.30m) en Jac-Marie Saptoe D. O/17 100m (13.78s) wat ook albei ‘n brons medalje verower in hul onderskeie items.
Die uitblinkers op die dag was oudergewoonte Litha Hermanus wat in al drie haar items ‘n podium-posisie behaal het. Sy verower ‘n goue medalje in die 100m (13.25s) vir D.O/14 sowel as twee silwer medaljes in die 200m (27.75s) en 400m (1:03.35s) vir dieselfde ouderdomsgroep. Marike Dannhauser wys dat sy ‘n atleet is om mee rekening te hou en wen die 200m vir V.O/19 in ‘n goeie tyd van 27.28s en eindig tweede in die 400m vir V.O/19 (1:01,37s). Houghlynne Swarts wen die V.O/19 Verspring met ‘n afstand van 4.66m en eindig derde in die Spiesgooi (22.90m) vir dieselfde ouderdomsgroep. Janade Bouwer staan sy plek in die span vol met twee puik vertonings in die M.O/19 Driesprong (12.96m) asook Spiesgooi (46.68m) waarvoor hy onderskeidelik ‘n goue en silwer medalje ontvang.
Hoërskool Cradock wens graag elke atleet geluk met hul pragtige prestasies, jul toewyding en passie vir die sport is aansteeklik. Groot dank word ook oorgedra aan elke beampte en ouer wat gehelp het deur hul Saterdag op te offer om ons atlete te ondersteun, dit word opreg waardeer.
Op die foto’s:
Litha Hermanus, Marike Dannhauser en Beaulane van Jaarsveld in aksie tydens die jaarlikse Chris Hani Mega Distrikte Atletiekbyeenkoms. Elanie de Wet, atleet van CHS, in ligte luim nadat sy ‘n goue medalje gewen het in die D.O/17 800m.