Schools That Rock publiseer kort berigte van ‘n aantal oud-leerders van skole op ons Facebook en Webtuiste.
Hoërskool Brackenfell van Kaapstad, is bekend daarvoor dat talle oud-leerders, na skool, hul merk in die lewe maak!
Cheslin Kolbe, Springbok rugbyspeler, is in Kaapstad gebore en het sy skoolloopbaan aan Hoërskool Brackenfell deurloop. Hy het die Westelike Provinsie op jeugvlak verteenwoordig – van O.16 Grand Khomo in 2009 tot O.21 Provinsiale Kampioenskappe. Tussen 2012 en 2017 het hy ook vir die Suid-Afrikaanse Sewes gespeel. In 2013 was hy deel van die span wat aan die 2013 Sewes Rugby Wêreldbeker deelgeneem het.
In Oktober 2014 was Cheslin deel van die Westelike Provinsie span wat die Curriebeker teen die Lions met 19 – 16 gewen het.
Cheslin het ook ‘n draai gemaak in Frankryk waar hy die Top 14 Toulouse verteenwoordig het in die 2017 – 2018 seisoen. Hy het sy debuut vir Suid-Afrika in 2018 teen Australia gemaak. Hy het ook nie sy span teleurgestel in sy debuut toetsseisoen nie, waar hy ‘n belangrike rol gespeel het vir die Springbokke se oorwinning van die 2019 Wêreldbeker.
Brakkies eer jou, Cheslin!