Donderdagaand, 27 Februarie, het die MOOD kantoor toekennings gemaak aan hoërskole vir hul uitslae in die graad 9-sistemiese toetse en ook die graad 12 NSS-uitslae van 2019.
Hoërskool Brackenfell spog met 15 sertifikate vir die volgende:
In die graad 9-sistemiese toetse bo 80% in tale geslaag en ook bo 50% in Wiskunde geslaag.
Hulle spog ook met hul graad 12 NSS vir 80% B-Graad toelatings, bo 90% geslaag en bo 95% geslaag in die volgende vakke: Rekeningkunde, Afrikaans EAT, Afrikaans HT, RTT, Verbruikerstudies, Ekonomie, English HL, English FAL, Geografie, Wiskunde Geletterdheid en Toerisme.
Brakkies is baie trots op hul opvoeders en leerders. Harde werk word beloon!