Tiaan Erasmus, hoofseun van Hoërskool Adamantia in Kimberley, is al 13 jaar deel van die Voortrekkers. Hy het gister sy Voortrekker Presidentsverkenner-eksamen afgelê.
Dit was ook die eerste jaar wat kandidate dit by hul huise elektronies moes doen as gevolg van Covid-19. Tiaan het dan ook die eksamen geslaag en het dus nou die hoogste Voortrekker-toekenning bereik.
Baie geluk Tiaan, Addies is trots op jou!