Op Saterdag, 18 April, het 6 van Hoërskool Adamantia van Kimberley se leerders aan die Oppie Tong Af Redenaars Kompetisie deelgeneem. Dit was ook ‘n eerste keer ooit dat hierdie leerders sowel as die organiseerders van Oppie Tong Af die kompetisie digitaal aangebied het. Addies se leerders het baie goed gevaar en ons is trots op elkeen!
Afrikaans OorredingstoespraakVoorbereid: Annchen de Lange (Graad 11), A met 82%; Ané Claassens (Graad 9), A++ met 90% en Lefran Smith (Graad 10), A++ met 91%.
Afrikaans Vermaaklikheidstoespraak: Lefran Smith (Graad 10), A++ met 93%
Afrikaans Oorredingstoespraak Onvoorbereid: Mischa Nel (Graad 9), A+ met 88%; Dylan Barnard (Graad 9) , A+ met 86% en Johandri Tolmay (Graad 11), A+ met 88%
Weereens baie geluk en baie dankie aan elke spreker met julle goeie replieke en ook jul bereidwilligheid om op ‘n vreemde en nuwe platvorm jul toesprake te lewer!