HNK, Kimberley, se redenaars het vandag geskiedenis gemaak toe hulle aan die heel eerste Suid-Afrikaanse virtuele redenaarskompetisie ooit deelgeneem het. Oppie Tong Af / On The Tip Of Your Tongue het hierdie platform geskep en leerders landswyd sal op hierdie manier aan die eerste rondte deelneem.
Uitslae as volg:
Annika Grobbelaar A+; Zoë Kuypers A+; Siseko Sindi A++; Alethia Rossouw A++; Onkeletse Serebelo A+; Okgethile Sithole A+; Monique Grové A+; Stethen Liebenberg 2 x A++; Johané Schön 2 x A++ en Ané van Staden A+.
Baie geluk aan al die deelnemers.
Julle was uitstekend!
#trotsgroen