Schools That Rock publiseer tans kort berigte van ‘n aantal oud-leerders van skole op ons Facebook en Webtuiste.
Hoërskool Upington, is bekend daarvoor dat van hul oud-leerders, na skool, hul merk in die lewe gemaak het!
Cobus Wiese kom nou aan die beurt. Cobus Wiese is in Upington gebore en het dan ook sy Hoërskoolloopbaan aan Uppies voltooi. Dit is dan ook waar Cobus se rugbyloopbaan begin het. Cobus het vanaf 2013 senior skole-rugby vir die Griekwas gespeel. Hy is in 2013 reeds ingesluit in die O.16 Grand Khomo span. Die volgende jaar is hy ingesluit in die O.18 Cravenweek-span. Aan die einde van die reeks is Cobus ingesluit in die Suid-Afrikaanse Skolespanvir die O.18 Internasionale reeks.
Cobus het by die WP O.20 span in 2016 aangesluit en het in die 2016 Wêreld Rugby O.20 Kampioenskap in Manchester, Engeland uitgedraf. In 2017 is Cobus ingesluit in die Stormers-span vir die 2017 Super Rugby seisoen.
Uppies is trots op jou, Cobus!