)

Hoërskool Upington – Met tegnologie word die Korona-virus vasgevat

‘n Paar jaar gelede het Hoërskool Upington tablette i.p.v. handboeke geïmplimenteer en mense was in twee verdeeld daaroor. Party mense het gesê dat dit ‘n onnodige finansiële uitgawe is, maar ander het in die skool se beplanning geglo en vandag pluk hul die vrugte daarvan.

Hierdie tablette maak dit vandag moontlik dat ons die krisis rondom die Korona-virus doeltreffend kan bestuur. M.a.w. leerders word nie benadeel in die ekstra tyd wat die skool gesluit is nie.

Onderwysers het reeds in alle vakke en vir alle grade werk na hul tablette gestuur. Daar is nie slegs werk gestuur nie, maar ook vooraf opgeneemde lesse en leer-inhoud. Ekstra video’s en ander inligting word ook nog op ‘n weeklikse basis gelaai totdat die skool weer begin.

In sommige vakke word daar van leerders verwag om terugvoering te gee en daarvoor is daar vir elke vak ‘n epos adres waarheen opdragte gestuur word en onderwysers dit kan aflaai en merk.

Nog ‘n voordeel is dat leerders nie net by die skool hoef te wees om die inligting aft e laai nie, hulle kan nou van enige plek die MiEbooks server binnegaan indien hul data het. Leerders kan ook skool toe kom, al is die hekke toe, en op die Wi-fi koppel as hul nie data het nie. Nog ‘n vergunning is dat die skool se internet op sekere dae en tye (kyk op communicator) oop sal wees indien die leerder nie data by die huis het om navorsing te doen nie.

Met al die voorsorgmaatreëls het Hoërskool Upington gesorg dat hul leerders so min as moontlik verontrief word in ‘n tyd van soveel onsekerhede.

Die gr.12-klas kan gerus wees dat hul met min ekstra ontwrigting die eindeksamen kan benader en selfs die ander grade kan nou al werk tot hul eie voordeel.

Nié net word die akademiese gevolge van die Korona-virus hokgeslaan nie, maar leer ons ook ons leerders selfdissipline en pligsbesef – iets wat hul ná skool moet hê as hul in ons land se onstabiele akademiese klimaat wil studeer.

Hoërskool Upington – ons lei voorwaar!

Nie net tegnologies nie, maar op vele ander fasette van die lewe!

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge. Hoërskool Kalahari, Kuruman is ongelooflik trots op SJ Everts en Eoghan van Wyk, wat die afgelope naweek by die Teemane Karateklub se Winter Challenge in Christiana…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal