HJS se jaarlikse Ma-en-seun aand was ’n reuse sukses, moontlik gemaak deur Akademia. Die funksie, wat in die skoolsaal plaasgevind het, is bygewoon deur 200 ma’s en seuns. Die sprekers was mnr Derek Swart, wat met die seuns gesels het oor hoe seuns ’n dame moet hanteer. Die hoofspreker was die bekende opvoedkundige van Stellenbosch, dr Jeanette de Klerk-Luttig, wat die ma’s ’n kans gegee het om te raai wat haar seun se gunstelingboek, -fliek en -vriend(in) is, terwyl die seuns moes raai waar hulle ma’s op skool was, saam met wie sy matriekafskeid toe is en hoe sy en pa ontmoet het.
Sy het uitgebrei oor karakter en genoem dat jou karakter na vore kom wanneer niemand kyk nie. “Major the majors en minor the minors” was ook baie goeie advies wat sy vir die ma’s gehad het.