JP Duminy, Michael Papenfus (HJS se krieketkaptein), Jody Martins en Martin van Jaarsveld.
HJS het vanjaar weer ’n geslaagde Azoteq BPL (Boishaai Premierliga) aangebied. Nie minder nie as 130 HJS-krieketspelers van alle ouderdomsgroepe het in tien spanne meegeding om die gesogte trofee, wat vanjaar deur die Bandits gewen is.
Met die afskop van die Azoteq BPL vroeër die week in die stadsaal, was die legendariese JP Duminy, Martin van Jaarsveld en Jody Martins die gassprekers.