“High Flyer” in Geografie. Op Donderdag, 17 Oktober, het die Tshwane Suid Distrik ‘n “High Flyer” (waarderingsfunksie) by Willoridge High School gehou. By hierdie funksie is erkenning gegee aan die distrik se top matriek-presteerders in Geografie. Hoërskool Eldoraigne is baie trots op Marco Liebenberg, wat die top student vir 2024 is en daarvoor ‘n sertifikaat ontvang het as die “High Flyer” in Geografie.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf










