Grey/OMS Atletiekbyeenkoms. Rumé Burger, graad 10 leerder van Sekondêre Meisieskool Oranje, is Saterdag 5 Oktober by die Grey/OMS-Atletiekbyeenkoms as die beste senior baanatleet aangewys. Hierdie is die derde groot byeenkoms vanjaar waar Rumé hierdie prestasie vermag.
Haar sege in die 100m (11.79) het die Olimpiese atleet Justine Palframan se byeenkomsrekord van 11.89 in 2009 uit die boeke gevee!
Rumé het ook goue medaljes in die 200 m en die 100 m-aflos vir o.17’s behaal. Die aflosspan (Rumé, Elizabeth Fick, Diné le Roux en Zelmarie Smook) het ook ’n nuwe rekord opgestel.
Danyelle Pienaar het in die 400 m-hekkies in 1:02.88 geseëvier wat meer as ’n sekonde vinniger is as die vorige rekord wat in 2017 opgestel is.
Die ander gouemedalje wenners:
- Diné le Roux (100 m-hekkies)
- Erika Reynolds (driesprong)
- Lilly Burger (90 m-hekkies)
- Mienke Botha (300 m-hekkies)
- Klara van Wyk (verspring)
■ Rumé het vroeër vanjaar die Vrystaatrekord in die 100 m ná 19 jaar van 12.02 na 11.92 verbeter.
Oranje se A-span het 3de onder die meisiespanne geëindig.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








