Curro AquaElite Gala 2024. Grey Kollege se swemspan het as algehele seunswenners van die Curro AquaElite Gala in Hillcrest (KZN) weggestap.
Die Grey-swemmers het verlede jaar (2023) in die derde posisie geëindig.
Prestasies behaal:
- Connor le Gassick is as beste o.15-seunswemmer bekroon
- JC Coetzer het die tweede posisie beklee
- Aidan Nel en Jedrick Geleta deel die algehele tweede posisie onder die seuns 16-19 jaar.
Grey het daarbenewens die hoogste telling (565) onder die seuns-, meisies- én gekombineerde spanne behaal. Hierdie is ‘n ongelooflike prestasie!


Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
https://greycollegesecondary.com/
Foto’s verskaf









