Graanveld Atletiek 2023. Graanveld Atletiek 2023 is soos elke jaar ‘n hoogtepunt op die Voortrekkerkalender. BVHS het in 2023 ‘n uitstekende Graanveld-atletiekbyeenkoms beleef met top prestasies op die veld sowel as die baan. Dit word gestaaf deur die feit dat Bethlehem Voortrekker Hoërskool die meeste goue medaljes verower het asook die meeste totale aantal medaljes ingepalm het. BVHS spog ook met die meeste atlete onder die top 50 atlete. Voortrekker tree as waardige 2023 Graanveld wenners uit die stryd!
Karli van Niekerk het die beste prestasie van die dag vir BVHS behaal het met 889 punte vir dogters o/19 Gewigstoot. Die hoogtepunt van die dag was sekerlik die aflosse waartydens BVHS sewe van die tien goue medaljes, wat op die spel was, gewen het. Hierdie ryke medalje-oes was die gevolg van puik tye en afstande wat behaal is deur toegewyde atlete. Hulle is ook ondersteun deur bekwame, entoesiastiese afrigters en daarmee saam die puik gees van die Trekkers in die pawiljoen. Vanaf die Fakkelloop wat vooraf gegaan het, het die atlete besef dat die faktore wat die verskil tydens die byeenkoms gaan maak, Trekkertrots en Trekkergees is. Die vasberadenheid en deursettingsvermoë wat elke Trekkeratleet tot oor die wenstreep gedra het, is die bewys daarvan.
Non sibi sed patriae!
Die dag is ook gekenmerk deur die groot aantal rekords wat verbeter is. Meer inligting hieroor volg sodra alle rekords bevestig is.
Athletics is not so much about the legs. It’s about the heart and the mind. – E. Kipchoge
Graanveld Athletics 2023
Graanveld Athletics 2023 is a highlight on the Voortrekker calendar like every year. BVHS experienced an outstanding Graanveld athletics event in 2023 with top performances on the field as well as the track. This is substantiated by the fact that Bethlehem Voortrekker High School won the most gold medals and won the most total number of medals. BVHS also boasts the most athletes among the top 50 athletes. Voortrekker emerges as worthy 2023 Grainfield winners!
Karli van Niekerk had the best performance of the day for BVHS with 889 points for girls u/19 Weightlifting. Surely the highlight of the day was the relays during which BVHS won seven of the ten gold medals at stake. This rich medal harvest was the result of great times and distances achieved by dedicated athletes. They were also supported by capable, enthusiastic coaches and with them the excellent spirit of the Trekkers in the pavilion. From the Torch Run that preceded it, the athletes realised that the factors that will make the difference during the event are Tractor Pride and Tractor Spirit. The determination and perseverance that carried every Tractor Athlete across the finish line is proof of this.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://www.voortrekker.co.za/
Foto’s verskaf