)

Gauteng Skole-netbal – Hoërskool Oos-Moot

Gauteng Skole-netbal. Hoërskool Oos-Moot van Pretoria se o.15A Netbalspan is Gauteng Skole-netbal se wenners. Die span het hierdie seisoen baie hard gewerk en eerste geeïndig het in Gauteng.

Die spanlede is: Lana Love, Katelynne Jeffrey, Jaimé Marshall, Goitse Mokgwe, Elize Adams, Telana Breytenbach, Miané van Dyk, Mia Steenkamp, Megan Ferreira

Hier is ‘n stukkie wat deur hul afrigter geskryf is oor die span: ‘n Storie van GROEI vertel deur Moot-harte.

“In die 2023 netbalseisoen het die 0/14A span van Oos-Moot maar swaar gekry. Ons het in die liga slegs een wedstryd gewen, een gelykop gespeel en met doelgemiddeld naelskraap sesde in die liga geëindig. En ons kon deurgaan om uit te speel by die Tshwane-uitspele vir ‘n plekkie om deur te dring Gauteng. Tshwane uitspele kom en na ure se harde oefening besluit die meisies nou begin ons storie eers. Ons wen die dag by Tshwane uitspele en dring deur na die Gauteng Kampioenskappe, waar ons 3e eindig. Die uiteinde is dat ons deurdring na SA’s, daar eindig ons 9de in die land. Teen die tyd het ons almal wat ons in die liga gewen het, ingehaal en oorwin.

Wen-kultuur

Die 2024 netbalseisoen skop af en spelers en afrigter stem ooreen dat van hier af ons ‘n wen-kultuur in ons span wil hê. Ons het besluit om doelbewus die Here deel van ons span te maak en het so ons #speler8 inisiatief begin. Die seisoen skop af en die wen-kultuur heers in die span. Ons tree uit die eerste stryd as PUK-wenners. Daarna gaan die meisies en wen die Jubilee A liga vir die eerste keer in Oos-Moot se geskiedenis. Die jaar dring hulle direk deur Gauteng toe waar hulle verder geskiedenis maak en gaan wen die Kay Motsepe Gauteng Kampioenskappe. Nog ‘n eerste.

Hierdie klomp meisiekinders is nou besig om hard voor te berei vir SA’s wat 16-17 Augustus in Rustenburg plaasvind. Die toernooi vind plaas by Konka Camp, Rustenburg. Kom ondersteun hulle asseblief.

Ons wil graag vir hierdie span ‘n spesiale woord van gelukwensing gee, julle is ons OOSIE TROTS.”

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://www.oos-moot.co.za/

Foto’s verskaf

Sponsored By

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal