Hoërskool Cradock het Saterdag 24 Februarie 2018 eers met PJ Olivier van Grahamstad met 19 lopies afgereken en op Maandag 26 Februarie 2018 met die Hoër-Landbouskool Winterberg met 60 lopies in die semifinaal van die Nasionale T-20 kompetisie vir die Winterberg streek.
PJ Olivier boul Cradock uit vir ‘n beskeie 136 lopies maar word op hul beurt uitgeboul vir 117 lopies om aan Cradock ‘n oorwinning van 19 lopies te besorg.
Kanya Papu (32), Siphe Nofukuka (22) en Raymond Tom (21) vaar skaflik met die kolf. Blikkies Lombard met 3/33 vaar goed met die bal. Vincent Olifant met 24 vang die oog met die kolf terwyl Siphe Nofukuka en Sia Caku-Caku 2 paaltjies elk, en Musa Green 3 paaltjies inoes.
Cradock sluk ‘n paar winde teen Winterberg en sukkel aanvanklik op ‘n stadige blad tot Niël Slabbert met 36, en Kanya Papu met 21, Cradock Hoërskool in staat stel om uiteindelik 128 aan te teken. Winterberg word almal uitgeboul vir 69 lopies. Musa Green boul sy wegbreke met groot sukses en neem 5/21. Raymond Tom en Siphe Nofukuka boul self voortreflik en neem 2 paaltjies elk.
Op die foto heel bo:
Niel Slabbert (links op foto) en Musa Green (regs op foto), kolwer en bouler van Hoërskool Cradock, in aksie tydens die T-20 kompetisie vir die Winterberg streek.