)

Goeie Krieket-seisoen vir Hoërskool Cradock

Hoërskool Cradock het Saterdag 24 Februarie 2018 eers met PJ Olivier van Grahamstad met 19 lopies afgereken  en op Maandag 26 Februarie 2018 met die  Hoër-Landbouskool Winterberg  met 60 lopies in die semifinaal van die Nasionale T-20 kompetisie vir die  Winterberg streek.

PJ Olivier boul Cradock uit vir ‘n beskeie 136 lopies maar word op hul beurt uitgeboul vir 117 lopies om aan Cradock ‘n oorwinning van 19 lopies te besorg.

Kanya Papu (32),  Siphe Nofukuka (22) en Raymond Tom (21) vaar skaflik met die kolf. Blikkies Lombard met 3/33 vaar goed met die bal. Vincent Olifant met 24 vang die oog met die kolf terwyl Siphe Nofukuka en Sia Caku-Caku 2 paaltjies elk, en Musa Green 3 paaltjies inoes.

Cradock sluk ‘n paar winde teen Winterberg en sukkel aanvanklik op ‘n stadige blad tot Niël Slabbert met 36, en Kanya Papu met 21, Cradock Hoërskool in staat stel om uiteindelik 128 aan te teken. Winterberg word almal uitgeboul vir 69 lopies. Musa Green boul sy wegbreke met groot sukses en neem 5/21. Raymond Tom en Siphe Nofukuka boul self voortreflik en neem 2 paaltjies elk.

Op die foto heel bo:

Niel Slabbert (links op foto) en Musa Green (regs op foto), kolwer en bouler van Hoërskool Cradock, in aksie tydens die T-20 kompetisie vir die Winterberg streek.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal