Emma Du Preez, ‘n leerder van Hoërskool Robertson, is opgeneem in die Premier League Netbalspan wat die komende netbalseisoen aan 6 toernooie gaan deelneem.
Tydens hierdie toernooi gaan 7 topspanne (Girls High, La Rochelle, DF Malan, Stellenberg, Durbanville, Paarl Gim en Maties 0/19A) tesame met 2 meriete spanne waar talentvolle 0/19-spelers geïdentifiseer is, deelneem aan die kompetisie.