Gevegkuns Karate Stoei. Vyf leerders van Hoërskool Jim Fouche, Denica Scheepers, Janco Scheepers, Cara Hoffman, Divan Venter en WJ Etzebeth, het in verskeie buitesportsoorte, Gevegkuns, Karate en Stoei presteer.
Denica en Janco Scheepers het op 12 April aan die ATA SA Pretoria deelgeneem en as vol presteer in Gevegkuns:
Denica:
- Traditional Taekwondo form – 3de (brons)
- Traditional weapon form – 3de (brons)
- Traditional combat weapon – 2de (silwer)
- Traditional sparring – 2de (silwer)
Janco:
- Traditional combat weapon: 2de (silwer)
- Teams combat weapon – 2de (silwer)
- Teams sparring – 3de (brons)
Cara Hoffman en Divan Venter het 11 en 12 April aan die KSA National League 1 in Bloemfontein deelgeneem.
Cara:
- Kumite – silwer
- Kadet Team Kumite – silwer
Divan:
- Kumite – Goud
- Tean Kumite – silwer
Karate South Africa se ranglys vir die Elite Top 10 karatekas in Suid-Afrika is beskikbaar. Divan Venter is nommer 1 op die ranglys vir die Junior afdeling (o.16/17 bo 78kg). Dit is vir alle erkende karate-style wat aan die ligas deelneem.
WJ Etzebeth (o.15) het 21 Maart aan die Vrystaat 1ste liga (stoei) deelgeneem. Hy het ‘n brons medalje verwerf.

Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf













