Gerrie Berner Tennistoernooi. Die amptelike pet-oorhandiging vir die negentiende Zest Fruit Gerrie Berner Tennistoernooi is vroeër vandag deur Paul Roos Gimnasium se rektor, André van Staden, behartig. Paul Roos Gimnasium bied die toernooi aan. Paul Roos se eerste span is ook sterkte toegewens.
Verlede jaar het die toernooi onder moeilike omstandighede plaasgevind met die wind wat dit vir die spelers baie moeilik gemaak het. Grey Kollege van Bloemfontein het PRG se 1ste span verlede jaar die loef afgesteek. Die vorige vyf jaar het PRG egter koning gekraai. Ons vertrou dat die speeltoestande vanjaar gunstig sal wees vir die spelers.
PRG word verteenwoordig deur die volgende spelers:
- Willem de Waal
- Pieter Kotze
- Xander Pienaar
- Divan Prinsloo
- Hanno Bouwer
- Sebastian Oosthuizen
- Simeon Roothman
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za 
Foto’s verskaf