Hoofmeisie ’24. In ons reeks oor Hoofmeisie ’24, gesels ons ook met die Hoofmeisie ’24 van van Hoërskool Strand in Kaapstad.
Benneline, vertel ons meer van jouself en jou leierskap. Wat is jou leierskapervaring?
- My ervaring met leierskap kom al ‘n rukkie aan. Van laerskool af het ek myself in leierskapposisies bevind en dit is en was nog altyd een van die beste ervaringe. Ek hou baie daarvan om betrokke by my skool te wees en om ander mense te help om hulle potensiaal te bereik.
Wat is jou mees belangrike waardes as leier?
- Een van my belangrikste waardes is definitief regverdigheid. Ek glo dat saam met regverdigheid gaan respek, veral vir ander mense en om almal op ‘n gelyke wyse te hanteer.
As Hoofmeisie ’24, vertel ons meer oor jou persoonlike doelwitte vir jou leierskapjaar? En vir Hoërskool Strand?
- My persoonlike doelwitte vir my leierskap en my skool is om daarin te slaag om almal meer betrokke by die skool te kry. Verder ook om ‘n omgewing te skep waar mense wil presteer, waar trots en eenheid versterk word.
Benneline, as Hoofmeisie ’24, wat is jou sterkste leiers-eienskap?
- My sterkste leierseienskap is dat ek diensbaar is. Ek maak dit ‘n prioriteit om beskikbaar vir hulp te wees.
Hoe kry jy samewerking (commitment) van jou span?
- Ek kry samewerking van my span deur hulle te motiveer en bietjie moed in te praat en hulle te laat besef dat ‘n paar grappies jou ver kan bring. Ek maak op ‘n persoonlike vlak met hulle kontak.
As jy enige honde-ras kon wees, watter ras sou jy wees? Hoekom?
- Ek sou definitief ‘n Samoyed wou wees. Hulle is die oulikste ding onder die son met hulle dik, sneeuwit pels en hulle is baie vriendelik en prettig. Hulle is met tye net so ‘n bietjie hardkoppig.
Hoe sal jy jou span, as Hoofmeisie ’24, lei deur verandering?
- Ek sal hulle lei deur hulle moed in te praat en as daar enige komplikasies is, sal ek dit rustig met hulle wil uitpraat sodat alle probleme opgelos word.
Wat staan die meeste vir jou uit by Hoërskool Strand?
- Daar is baie leerders wat waarlik ‘n passie het vir kultuur en sport wat ‘n opbouende gees binne die skool skep. Dit staan vir my uit hoe almal as ‘n eenheid kan saamkom om hul passies en betrokkenheid te vier.
Wie is die persoon na wie jy opsien? Hoekom?
- Ek het verskeie mense na wie ek opkyk in my lewe, maar en een van hulle is verseker my onderwysers. Ek het al soveel meer by sommige van hulle geleer as net akademiese werk. Uit hul lewenservaringe het ek ook belangrike lesse geleer wat ek op my eie lewe kan toepas.
Wat was die hoogtepunt van jou skoollopbaan tot dusver? Hoekom?
- ’n Hoogtepunt van my skoolloopbbaan is definietief toe ons by die somer-interskole die geebeker gewen het. Dit was ‘n groot oomblik en die atmosfeer was elektries! Dit was versker iets om te beleef.
Benneline, waaroor dagdroom jy?
- Dagdroom is iets wat ek baie doen, maar min kan onthou waaroor ek gedroom het! Ek dink die meeste van die tyd droom ek maar net oor wat ek gaan doen as ek uiteindelik by die huis gaan kom na ‘n lang dag, en dit is versker om eers ‘n paar minute op my bed te gaan rus en die dag uit te asem.
Hoe sal jy Graad 7 leerders oorreed om Hoërskool Strand te oorweeg vanaf Graad 8?
- Ek sal vir hulle sê dat Hoërskool Strand regtig baie geleenthede vir hulle bied om hul toekoms mee te verryk. Daar is ook baie aktiwiteite waaraan hulle kan deelneem en so meer vriende maak. Die eenheid in die skool, die manier wat almal saam werk om iets groots te laat gebeur, is ongelooflik om te ervaar en ek dink hulle sal deel daarvan wil wees.
In watter rigting wil jy studeer na skool? By watter Universiteit?
- Ek dink daaraan om in een of ander taalrigting te gaan studeer, en ek sal graag by NWU wil studeer.
Benneline, hoe sal jou vriende jou beskryf?
- Ek dink my vriende sal my beskryf as hardwerkend, kreatief en redelik snaaks, maar net soms as ek ‘n goeie grappie vertel.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf