Gauteng Skaak Finaal. Foto: Voor: Bonicia du Toit en Charne Raubenheimer. Agter: Eduan Wolfaardt , Steven Acker, Albert Durand en Tiaan Stolp
Ses skaakleerders van Hoërskool Oos-Moot het aan die Gauteng Skaak Finaal deelgeneem. Die finaal het is op 7 en 8 Desember op die UJ kampus aangebied. Die leerders moes gedurende die jaar aan verskeie skaakkompetisies deelneem om te kwalifiseer.
Elk van die leerders word volgens prestasie gekeur om die Tshwane distrik te verteenwoordig. Die verteenwoordigers ontvang ook provinsiale kleure in skaak.
Oosies se verteenwoordigers:
- Bonicia du Toit
- Charne Raubenheimer
- Eduan Wolfaardt
- Steven Acker
- Albert Durand
- Tiaan Stolp
Eduan Wolfaardt se o.18C span het goud gewen en Eduan is ook as ‘n bordwenner aangewys. Bonicia du Toit se o.19 dogtersspan het ook goud behaal tydens die kompetisie.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








