FLL SA Nasionale Kampioenskappe. HTS Middelburg se Robotika-span, die Crash Rovers, het hul stempel afgedruk by die FLL SA Nasionale Kampioenskappe. Hulle het Mpumalanga trots verteenwoordig. Die span het nie net ‘n eerste plek in die Innovation Project Award verower nie, maar ook ‘n indrukwekkende sewende plek uit 62 spanne in Suid-Afrika behaal.
Hierdie merkwaardige prestasie het vir hulle ‘n eksklusiewe uitnodiging verseker na die Open Africa Championship, wat in Mei 2025 plaasvind. Dit bied die span die geleentheid om teen van die beste robotika-spanne van die vasteland mee te ding.
HTS Middelburg is uiters trots op hierdie talentvolle groep leerders en hul toegewyde afrigters, wie se harde werk en innovasie duidelik vrugte afgewerp het. Die Robotika-span se sukses dien as ‘n inspirasie vir ander leerders wat belangstel in wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde (STEM).
Sterkte aan die span met hul voorbereidings vir die Open Africa Championship – die toekoms lyk blink!

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








