Fichies Huissport. Hoërskool Fichardtpark is baie trots op hul dogters-atlete wat tydens die onlangse Fichies Huissport-byeenkoms as die Top 10 atlete by hierdie byeenkoms aangewys is:
- 1. Judy Watson (0/16) breek die Diskus-rekord met ‘n afstand van 4 4,21 m en behaal 970 punte op die tabel
- 2. Natasha Gertenbach (0/19) het die 100m Hekkies in 14,48 s kafgedraf en verwerf 868 punte.
- 3. Lize Acherman (0/19) behaal ‘n tyd van 57,93s in die 400 m en samel 856 punte in.
- 4. Cilithe Julies (0/19) gooi ‘n pragafstand van 39.19 m in die Hamergooi-item en behaal 852 punte op die tabel.
- 5. Mari Truter (0/15) behaal ‘n tyd van 14,25s in die 90m Hekkies en behaal 829 punte.
- 6. Judy Watson (0/16) behaal ‘n afstand van 11,57 m in die Gewigstoot en verwerf 813 punte op die tabel.
- 7. Lize Ackerman (0/19) hardloop ‘n tyd van 26.01s in die 200 m en behaal 802 punte.
- 8. Natasha Gertenbach (0/19) snel na die wenstreep in die 100 m met ‘n tyd van 12,49 s en behaal 793 punte.
- 8 McKyla van der Walt (0/19) behaal ‘n afstand van 34,07m in die Hamergooi en behaal 793 punte.
- 10 Natasha Gertenbach (0/19) verwerf ‘n mooi tyd van 26,25 s in die 200 m en behaal nog 788 punte op die tabel.
Fichies is trots en opgewonde oor hul atlete!! Baie geluk!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf
Become a Sponsor








