Fairtree Super 12-hokkietoernooi. Daar baie heers groot opwinding oor vanjaar se Fairtree Super 12-hokkietoernooi. Hierdie toernooi maak ‘n terugkeer na twee jaar se afwesigheid as gevolg van die Covid-19 pandemie.
Die sewende weergawe van hierdie gewilde hokkietoernooi, met Fairtree as titelborg, word van 5 tot 7 Augustus by Hoër Meisieskool Oranje se astro aangebied. Die twaalf deelnemende skole was die voorste twaalf van die nasionale ranglys op 31 Mei. Onder die 12 o.18A-spanne sal twee skole, Durban Girls’ College (Durban) en Beaulieu College (Midrand), hulle buiging in die toernooi maak.
Die 12 spanne wat in aksie sal wees:
- Hoër Meisieskool Oranje (Bloemfontein)
- Eunice High School (Bloemfontein)
- Bethlehem Voortrekker Hoërskool (Bethlehem)
- Rhenish Girls’ High (Stellenbosch)
- Paarl Gimnasium (Paarl)
- Collegiate Girls’ High (Port Elizabeth)
- HS Menlopark (Pretoria)
- St. Mary’s Waverley (Johannesburg)
- Durban Girls’ College (Durban)
- Herschel Girls’ High (Cape Town)
- HS Pearson (Port Elizabeth)
- Beaulieu College (Midrand)
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://www.voortrekker.co.za/
Foto verskaf