Elf rugbyspelers van Hoërskool Cradock deur na Distrikte proewe op 6 Maart 2018 het die Sone-Rugbyproewe plaasgevind op die Roversvelde in Cradock. Skole wat aan die proewe deelgeneem het, was Hoërskool Cradock, Hoër Landbouskool Marlow en Michausdal Sekondêre Skool.
CHS se spelers het baie goed gevaar en die keurders beïndruk met hul spel. Beide die o/16- en o/18-rugbyspelers het aan hierdie proewe deelgeneem en altesaam elf spelers van CHS is verkies tot die onderskeie A- en B-spanne wat in die volgende rondte distrikteproewe gaan deelneem.
Die volgende spelers van CHS is ingesluit in die o/16 A-span: A. Collett (haker) en S. Vabaza (flank). In die o/16 B-span word vyf van Hoërskool Cradock se spelers ingesluit, naamlik O. Yanta (stut), K. Papu (flank), F. Colarossi (agtsteman), R.Miners (skrumskakel) en S. Kumm (vleuel).
Die Kwaggas word ook goed verteenwoordig in die o/18-spanne met D. Schoeman (agtsteman) en I. Booysen (vleuel) wat in die A-span ingesluit word. B. Pentz (vleuel) en C. Jabobs (vleuel) word ook ingesluit in die B-span.
Baie geluk aan hierdie spelers wat met harde werk en deursettingsvermoeë hul stempel op die rugbyveld afdruk. Geluk Kwaggas, NIL NISI NITENDO.