DF Malan het die afgelope naweek uitstekend in die landwye Dink of Sink-finaal gevaar. Beide die junior – en senior span het tot die finaal deurgedring sonder om een debat te verloor. Die Juniors het koning gekraai oor Helpmekaar
College en die seniors het ‘n tweede plek in hul afdeling behaal.
Die leerders het die kans gehad om met avokaat Gerrie Nel te gesels wat as een van die beoordelaars opgetree het. Insetsels van die kompetisie sal op die oggendprogram “Die Groot Ontbyt” op Kyknet uitgesaai word.
Ons is baie trots op hierdie uitmuntende prestasies.