Ses van Hoërskool Langenhoven in Riversdal se skyfskietters het op Saterdag, 10 Februarie 2018 aan ‘n Luggeweer skyfskietkompetisie, wat deur South African Air Rifle Federation (SAARA) Eden aangebied is, deelgeneem en mooi presteer.
Anouska Fouché verwerf twee goue medaljes, Milla Steyn ‘n brons- en silwermedalje en Johanné van der Vyfer ‘n goue medalje. Jason Minnie verower ‘n silwermedalje, Bernita Struwig twee silwermedaljes en Cyrilene Coetzee ‘n silwer- en goue medalje.
Op die foto verskyn van links: Milla Steyn, Johanné van der Vyfer, Cyrilene Coetzee, Bernita Struwig, Anouska Fouché en Jason Minnie.
Become a Sponsor









