Die skool se atlete het op Dinsdag, 13 Februarie 2018 op die Hessequa Atletiekbyeenkoms te Riverville, uitstekend presteer.
Daar is 18 goue medaljes, 18 silwer en 11 bronsmedaljes tydens die byeenkoms ingepalm. Van die uithalerprestasies was: Chantel Jafta (D O/15) wat beide die 400m- en 800m-items gewen het; Lyle-Clint Fielies (S O/14) wat die 100m gewen het en boonop ‘n silwer in die 200m behaal het; Stephan Prinsloo (S O/17) wat die diskus-item met ‘n indrukwekkende afstand gewen het.
Op die foto verskyn almal wat ‘n eerste plek tydens die Hessequa Atletiekbyeenkoms behaal het. Agter, van links: Ané Louw (hoogspring), Lourens van Vuuren (spiesgooi), Stephan Prinsloo (diskus), Elana van Zyl (gewigstoot), Jana van den Berg (gewigstoot) en Jamian Hendricks (driesprong). Middel, van links: Nadia Enslin (400m), Lyle-Clint Fielies (100m), Anke Saayman (verspring), Petro Pretorius (gewigstoot) en Stephani Heenop (100m). Voor, van links: Sarise Oosthuizen (gewigstoot), Nelani Nel (gewigstoot), Reinhardt Nel (verspring), Mienke Doubell (gewigstoot), Chantel Jafta (800m en 400m) en Shanelle Saayman (1500m). Andrea Tarantaal (verspring) was afwesig tydens die neem van die foto.