)

Hoërskool Langenhoven, Riversdal se atlete is goed op dreef

Die skool se atlete het op Dinsdag, 13 Februarie 2018 op die Hessequa Atletiekbyeenkoms te Riverville, uitstekend presteer.

Daar is 18 goue medaljes, 18 silwer en 11 bronsmedaljes tydens die byeenkoms ingepalm. Van die uithalerprestasies was: Chantel Jafta (D O/15) wat beide die 400m- en 800m-items gewen het; Lyle-Clint Fielies (S O/14) wat die 100m gewen het en boonop ‘n silwer in die 200m behaal het; Stephan Prinsloo (S O/17) wat die diskus-item met ‘n indrukwekkende afstand gewen het.

Op die foto verskyn almal wat ‘n eerste plek tydens die Hessequa Atletiekbyeenkoms behaal het. Agter, van links: Ané Louw (hoogspring), Lourens van Vuuren (spiesgooi), Stephan Prinsloo (diskus), Elana van Zyl (gewigstoot), Jana van den Berg (gewigstoot) en Jamian Hendricks (driesprong). Middel, van links: Nadia Enslin (400m), Lyle-Clint Fielies (100m), Anke Saayman (verspring), Petro Pretorius (gewigstoot) en Stephani Heenop (100m). Voor, van links: Sarise Oosthuizen (gewigstoot), Nelani Nel (gewigstoot), Reinhardt Nel (verspring), Mienke Doubell (gewigstoot), Chantel Jafta (800m en 400m) en Shanelle Saayman (1500m). Andrea Tarantaal (verspring) was afwesig tydens die neem van die foto.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal