Carla Niebuhr, ‘n graad 9 leerling by Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo, het op 20 Januarie 2018 deelgeneem aan die Farm Jam Hare Scramble motorfietswedren wat by die Dirt Trax in Middelburg plaasgevind het. Carla het tydens hierdie wedren algeheel 4de geëindig met ‘n tyd van 02:34:30.
Sy het ook ‘n trofee ontvang vir haar prestasie. Op Saterdag, 6 Februarie 2018, het Carla deelgeneem aan die GXCC1 wedren wat in Bronkhorstspruit plaasgevind het.
Sy het algeheel 13de geëindig met ‘n tyd van 03:34:35 en dring sodoende deur na die GXCC2 wedren wat op Saterdag, 10 Maart 2018 in Fochville sal plaasvind.