Lourens van Vuuren, ān graad 8-leerder van HoĆ«rskool Langenhoven in Riversdal, en puik skut het op 6 en 7 Oktober 2017 aan die SA Nasionale Kampioenskappe te Douglas deelgeneem.
Lourens het ān bronsmedalje in die O/14-ouderdomsgroep (10m dissipline) verwerf en is dus derde in die land in sy ouderdomsgroep. Met hierdie prestasie ontvang Lourens sy WP-kleure in skyfskiet. Lourens verwerf daarmee ook die skool se halfkleure en die hele skyfskietspan van 2017 balkies.
Anouska en JohannĆ© het tydens die vyfde kompetisie van die jaar aan die nasionale posliga deelgeneem en elkeen ān medalje verwerf.
Die Dasse is baie trots op die leerders en afrigters! Julle Rock!
Op die foto verskyn die skyfskietspan van links: JohannƩ van der Vyver, Cyrilene Coetzee, AndrƩ Rossouw, Lourens van Vuuren, Anouska FouchƩ en Milla Steyn. Voor verskyn die skyfskietspan se afrigters Fiona en Herman Rall.
Herman is in 2017 as Wes-Kaap afrigter van die jaar aangewys.