Suria Denkema
Suria Denkema, Hoƫrskool Langenhoven in Riversdal se hoofdogter van 2020, is gekies om vanaf 6 tot 12 Desember deel van die jaarlikse Jeugleierskonferensie van die Burger, te Hoƫrskool Jan van Riebeeck, te wees.
Dit is ān groot prestasie aangesien ān groot aantal aansoeke ontvang word wat aan streng keuring onderwerp is. Die finale keuring en insluiting in die groep is voorwaar ān groot eer en ān trotse mylpaal, aangesien slegs 50 gr. 11-jeugleiers van die Wes-, Noord-, en Oos-Kaap, gekies is.
Suria sal die geleentheid kry om met jong geesgenote kennis te maak, vriendskappe te smee en na gesaghebbendes, elkeen ān meester op sy gebied, te luister. Inderdaad ān geleentheid wat ān mens maar eenmaal in ān leeftyd te beurt val. Die tema vanjaar is: āDie jeug se inspraak in hulle toekomsā.