)

Boogskuts Skitter Nasionaal – Merensky Landbou Akademie

Boogskuts Skitter Nasionaal – As jy gedink het boogskiet is net vir Robin Hood en sy klomp, dink weer! Twee van Merensky Landbou Akademie se eie twee jong helde het geskitter. Henk Meyer en Nathan Swanepoel, het hul pyle reguit na die top geskiet. Dit het plaasgevind tydens die 3D Nasionale Kampioenskappe in Durbanville, Wes-Kaap vanaf 19–22 September 2025.

Die vier dae was ’n mengelmoes van weerstoestande onder andere die wind wat jou hoed wou steel. Wolke wat die son gesoek het. Die laaste dag was sonnig maar kouer as ’n boer se hart teen belasting. Maar niks kon hierdie manne se fokus breek nie. Die baan was baie mooi. Die baan is ook so slim ontwerp dat selfs ’n GPS sou vra: “Is jy seker jy wil hier skiet?”

Met amper 100 boogskuts wat skitter van regoor die land het hulle hul staal nasionaal getoets. Die kompetisie was so styf soos ’n boogstring. En tog het Henk én Nathan hul klasse gewen, eerste plekke vir albei!

Na ’n seisoen vol kompetisies, lang ritte, en waarskynlik meer padkos as wat gesond is, wys hierdie twee dat harde werk en toewyding werklik vrugte dra. Daar wag nog net een binnenshuise kompetisie voor die boë ’n welverdiende rus kry, en dalk ’n bietjie olie.

Baie geluk, Henk en Nathan! Julle maak Plasies trotser as ’n skaapboer met ’n vol wolklas. Merensky Landbou Akademie sien uit na wat julle volgende jaar gaan aanvang. Schools That Rock weet, dit gaan weer reg in die kol wees!

Boogskuts Skitter Nasionaal - Merensky Landbou Akademie

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://www.plasies.co.za/

Foto’s voorsien

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal