“Academic Achievers Tours.” 🌍 Eldo’s verken die wêreld!
Hoërskool Eldoraigne se sterre skyn internasionaal! Daniël de Lange en Hanré Taljaard is op pad na die VSA, terwyl Abigail Gouws Ierland en Engeland gaan verken – ’n reis wat hul akademiese uitnemendheid en toewyding vier.
Hierdie leerders sluit aan by top-presteerders van regoor Suid-Afrika vir ’n onvergeetlike akademiese toer. Hulle ontwikkel netwerkvaardighede, kry blootstelling aan wêreldklas universiteite en leef hul volle potensiaal uit in ’n unieke leerervaring.
Hulle bring besoeke aan ikoniese universiteite, ontvang lesings oor toelatingsvereistes. Verder sal hulle ook toere na museums en geskiedkundige plekke onderneem asook inkopies, vertonings en kultuuravonture onderneem.
Elke oomblik is ’n bousteen vir die toekoms – ’n ervaring wat grense verskuif en drome laat vlieg.
Geniet dit ten volle, Eldo’s! Julle reis is ’n viering van kultuur, kennis en groei. ✈️📖
Lees ook meer interessante skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf
Become a Sponsor








